Amerikaners haat hulle regering.


‘n Gallup opname in Junie het bevind dat slegs 10% van die deelnemers gemeen het dat die Amerikaanse Kongres goeie werk verrig.

‘n Berig in “The Business Insider” het die statistiek verder verwerk en geskryf dat die Amerikaanse publiek se siening van hulle regering nou dieselfde is as hulle gevoel oor kokkerotte, luise, wortelkannale, kolonoskopie, verkeersknope, tweedehandse motorhandelaars, Genghis Khan, die BP-seebesoedeling, Nixon gedurende Watergate en Koning George gedurende die Amerikaanse Rewolusie.

Die rede vir die misnoë is die feit dat Kongreslede:

* die banke help en die rekening voor die belastingbetaler se deur lê;
* selfverryking;
* gebruik propaganda pleks van probleme op te los;
* tree oor die algemeen ongeloofwaardig op.

Dít is die redes vir die Kongres se ongewildheid.