Alles in rep en roer vir Fauresmith-uithourit


Fauresmith, die alom bekende dorp in die Vrystaat vir sy jaarlikse uithou-perderit, is in rep en roer om alles in plek te hou vir die wedren wat vanjaar vir die veertigste keer gehou word.

Alhoewel die dorp al dae lank sonder water is, het die organiseerders gesorg dat alle vereistes nagekom word vir die uithourit.

Na verwagting sal 430 perde en ruiters die Fauresmith-uithourit aandurf, wat as die mees uitdagende en strafste uithourit in die land beskou word.

Charmaine Nickisson, algemene bestuurder van die Uithourit Vereniging van Suid-Afrika (Erasa), sê hulle vier vanjaar die uithourit se 40 ste bestaansjaar..

Die drie dae lange uithourit het op Dinsdag 2 Julie begin.

.Die meer as 2,000 besoekers en deelnemers ondervind egter ongerief weens die water tekort in die dorp. Die ANC-beheerde stadsraad was nie opgewasse om die probleem op te los voor die aanvang van die geleentheid nie.