Al-Kaïda “bevry” honderde tronkvoëls


‘n Aantal rebelle wat met Al-Kaïda verbind word, het aanspreeklikheid aanvaar vir ‘n aanval op twee tronke in Irak. Tydens die aanval is etlike honderde militante ondersteuners van Al-Kaïda vrygelaat in die ontsnapping wat daarop gevolg het.

Meer as 40 mense is ook dood in die aanvalle vroeër die week by tronke naby die hoofstad Bagdad.

Irak se regering sê meer as 100 van die gevangenes is intussen weer vasgetrek.

Intussen is 12 dood en 49 gewond in ‘n reeks bomaanvalle by moskees.

Dit bring die dodetal tot hiertoe vir Julie op 638 te staan.