Aitsa, sies man!


As ’n wafferse swart teoloog vertel dat Mandela opgetree het soos Christus, dan weet diep gelowiges dat dit nie net ’n vêrregaande stelling is nie, dit grens waarskynlik aan godslastering.

Miskien kan mens dit afmaak op verskillende maniere – die sagste is seker om te sê:
Aitsa, sies man, jou teologiese kennis is blykbaar minder as die van ’n hoender wat ’n week gelede gevrek het!

As die ganse wereld so liries raak oor ’n voormalige terroris se goeie eienskappe, dan is daar net een sagte opmerking wat gemaak kan word: Aitsa, sies man, het julle nog nie genoeg gehad van terrorisme nie?

Wanneer die liberale Afrikaanse media skoon gek raak oor die vent wat uit Amerika hier kom grootmeneer speel, dan raak dit bietjie lagwekkend. Die skepsel wat hier aanland en allerhande slimmighede kwytraak en die ganse Afrika miljarde dollars belowe vir kragopwekking, dan raak dit nog meer ironies. Afrika het nie krag nodig nie – om te wat?

Dan sal ons sagkens kan sê: Aitsa, sies man, jy kom staan hier en grootbek wees asof dit jou eie geld is wat jy gaan gee! Weet die landsburgers van die VSA wat jy met hulle geldjies doen terwyl jou land ekonomies op sy knieë is?

As die spul in die Mandela-familie ’n hewige twis onder mekaar het oor die oudste se miljoene, dan hoef daar nie veel gesê te word nie, want almal is gewoond daaraan dat die mense van Afrika gedurig bakhand staan en kyk wat hulle kan aas van ander.

Die opvallende is: Niemand rep ’n woord oor die onreg wat daagliks teenoor blankes gepleeg word nie. Daar is nie ’n woord te rep oor die volksmoord nie – of nee wag, daar is tog iets. Die een geleerde meen dis geen volksmoord nie – die klein klompie blankes wat maandeliks vermoor word is maar ’n druppel in die emmer, seg die vent.

Die onreg om bekwame blankes hul poste te ontneem ten gunste van swartes wat nie ’n benul het van die werk nie, is nie deur enige persoon geopper of bevraagteken nie.

Aitsa, sies man, dis ’n liederlike spul wat die septer swaai – ’n septer met ’n snaakse kleur, en ’n eienaardige geur! Geen wonder die land is besig om te verrot nie!

Jan Alleman