Agteruitgang van Verdediging word bekend


Feite het bekend geword wat daarop dui dat die Suid-Afrikaanse Weermag vinnig agteruit boer en dat sy verkrygings-programme só swak bestuur word dat kern-noodsaaklikhede in die program van aankope reeds jare agter is op hulle aanvanklike skedules.
.
Projek Assegaai, ’n nuwe missiel wat Denel ontwikkel vir die Lugmag wat finansieel sukkelend is, het reeds agterstallig geraak wat toegeskryf kan word aan verskeie mislukte pogings om die missiel effektief te kry om te werk.

Die veelbesproke Projek Drummer, wat bedoel is om die Lugmag se Oryx-helikopters se stelsels op te knap is reeds meer as twee jaar agterstallig.

Denel het die omvang van die werk rakende projek Drummer, totaal onderskat volgens vertroulike dokumentasie wat in besit is van ’n Afrikaanse dagblad. Die feit veroorsaak dat dit ’n wesenlike impak uitoefen op die Lugmag se vermoë met helikopters.

Intussen het Die vryburger berig dat die Lugmag se begroting sodanig is dat daar nie genoeg geld is om die helikopters en vegvliegtuie in oefening te hou nie. Kenners het derhalwe aanbeveel dat die regering die vliegtuie van die hand sit omdat dit tans onbenut staan terwyl vlieëniers hul kundigheid gaan verloor en eerder elders ’n heenkome soek.