Afrikanernooi wil gestremdes help


Yolané Pienaar (16), het onlangs in Bulgarye met die kroon as “Little Miss World Super Grand Prix” weg gestap en wil dat die wereld weet haar hart lê by gestremde kinders.

Yolané was een van 55 deelnemers wat uit 46 lande deelgeneem het aan die wedstryd.

Sy doen alles in haar vermoë om rolstoele vir gestremdes te bekom. Haar hoofbron van inkomste is die bymekaarmaak van koeldrankbottels se proppies. Vir elke 150 kg proppies wat sy insamel, verkry sy ’n rolstoel vir een gestremde kind.

Sy het in haar tyd sedert sy daarmee begin het, reeds 19 rolstoele op hierdie manier gekry vir mense wat gestremd is.
.
Haar foto pryk oral in advertensies van tydskrifte en plakkate in Europa.

Sy was ook wenner van die “Best National Costume of the World” en “Face of the World 2013’-14”.

Yolané is ’n leerling van die Afrikaans Hoërskool in Sasolburg.

Haar ma, Annetjie, sê Yolané blink uit as akademiese student. Sy is onder die tien top leerlinge van die klas en spog met erekleure..