Aansoek by hof teen Zuma.


‘n Dringende aansoek deur Casac, die grondwet-waghondorganisasie, is gister by die Konstitusionelehof ingedien. Die doel van die aansoek is om pres. Jacob Zuma te dwing om ‘n nasionale direkteur van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) aan te stel.

In sy aansoek sê Casac dat Zuma sy grondwetlike pligte gefaal het deur die aanstelling van ‘n direkteur vir die NVG te vertraag. Die hof word dus versoek om Zuma te verplig om binne 30 dae ‘n aanstelling te maak.

Die NVG is sedert November 2011 sonder ‘n permanente hoof nadat adv. Menzi Simelane se aanstelling ongeldig verklaar is.

Jeff Radebe, Minister van Justisie het vroeër vanjaar gesê’n direkteur sal voor die einde Februarie aangestel word. Volgens inligting het Zuma die Natalse landdros Stanley Gumede vir die doel ge-oogmerk. Vier maande later neem adv. Noghcobo Jiba steeds waar.

Lawson Naidoo, Casac-woordvoerder, het gesê dat ‘n waarnemende hoof van die NVG is problematies aangesien so ‘n persoon eerstens sal probeer om die president tevrede te stel om sodoende te verseker dat hy of sy solank as moontlik in die bevorderde posisie bly.

Adv. Paul Hoffman, direkteur van die Instituut vir Verantwoordbaarheid in Suid-Afrika, het gesê dat na sy mening het Casac ‘n sterk saak. “Die NVG is duidelik in absolute wanorde. Dit het sedert 2007 nie ‘n behoorlike leier gehad nie.”