Aanslag op Breytenbach deurgevoer


Adv. Glynnis Breytenbach se poging om terug te gaan werk toe, is deur die Arbeidshof gekortwiek nadat hulle haar dringende aansoek van die hand gewys het.

Breytenbach wil graag terugkeer na haar pos as Transvaalse Hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se Gespesialiseerde Handelsmisdaadeenheid in Pretoria.

Adv. Andrew Redding SA, vir Breytenbach het aangevoer dat die NVG skynbaar alles in sy vermoë doen om haar van die Genl. Richard Mdluli-ondersoek weg te hou.

Haar regsvertenwoordiger, Gerhard Wagenaar het probeer om ‘n dringende aansoek tot appél in te stel, maar kon nie ‘n regter opspoor om die aansoek te oorweeg nie.