Zumaville: Verslag nou hoogs geheim


Die Nkandla-verslag wat veronderstel was om die belastingbetaler op hoogte te bring van die R200 miljoen uitgawe wat aangegaan is, is nou geklassifiseer as ’n hoogs geheime verslag.

Volgens berigte het die Minister van Staatsveiligheid, Siyabonga Cwele, die stap geneem om die dokument te klassifiseer.

Waarnemers sê dit is hoe kommunistiese regerings oor baie dekades hulle misdade verberg het. Dit is onverstaanbaar waarom die projek se verslag nou ’n staatsgeheim geword het, is gesê.

Die klassifikasie van die Nkandla-verslag is volgens woordvoerders, wederregtelik en onaanvaarbaar.