Zola vra ook vir vrylating


Die welbekende atleet van Suid-Afrika, Zola Budd, het ook ’n beroep op die ontvoerders van die voormalige Bloemfonteinse egpaar in Jemen gedoen om hulle vry te laat.
Pierre en Yolandé Korkie word by ’n onbekende plek deur Al-Kaïda aangehou nadat hulle 2 weke gelede voor ’n hotel ontvoer is.

Budd het ondermeer vertel toe sy in die laat 1980’s uit Engeland na Suid-Afrika teruggekeer het, het Pierre Korkie haar genooi om saam met sy oefengroep in Bloemfontein te oefen. Sy was sowat ’n jaar lank deel daarvan.

Pierre Korkie het voorheen atlete van Grey Kollege en die Vrystaatse Universiteit in Bloemfontein afgerig..
Foto- Zola Budd