Zille kry snaakse teenkanting


Helen Zille se besoek aan Khayelitsha in die Wes-Kaap was toe minder aangenaam. Sy het per bus daarheen gereis en is later begroet met ’n ongure verwelkoming toe menslike afval teen die bus geslinger is deur opponente.

Helen Zille, Wes-Kaapse premier, was nie in die bus toe die voorval plaasgevind het nie.

Die voorval het gevolg op die vorige dag se gebeure toe ’n aantal mans ontlasting en urine op die voorstoep van die Wes-Kaapse parlement gegooi het.