Die Universiteit Witwatersrand het verlede Donderdag ‘n verklaring uitgereik waarin verskoning aangebied word aan die Mandela-familie vir ‘n doodsberig van Nelson Mandela wat verkeerdelik op die universiteit se soekenjin beland het.
Wits het die doodsverklaring voorberei en op hul rekenaarstelsel gelaai as item wat veronderstel was om nie sigbaar te wees vir die publiek nie.
Weens ‘n nalatigheid het die berig tog sigbaar geraak op Google se soekenjin.
Wits ontken dat hulle die berig geplaas het vir openbare kennisname.
Intussen is verneem dat Mandela se gesondheid verder versleg is en dat hy in ’n kritieke toestand verkeer.
Goeiedag Boere,
Ek dink hy is al lankal op versterkwater geplaas, net sodat Obama een van sy afgode darem nog eenkeer kan sien wanneer hy SA kom besoek.
Boeregroete,
DuP
Ek wonder waarom ‘n Universiteit so berig sal opstel. Wou hulle maar net eerste wees om die nuus te versprei wanneer dit wel gebeur of weet hulle dalk iets wat ons nie weet nie?