Wil die wereld die ANC veroordeel?


Dit het pas bekend geword dat die ICC nie werklik lus het om die ANC regime te vervolg vir die Volksmoord wat tans teen die Boere-Afrikaner gepleeg word nie. Dit beteken seker ook dat die huidige Volksmoord nie sal afneem in velheid of gestop sal word deur ingryping van buite nie. Lank en kort, ons is aangewese op ons eie dade.

In die verband is ek altyd verbaas om te sien hoeveel volksgenote steeds hardnekkig vasklou aan volksvreemde arbeid. Natuurlik met talle verskonings hoekom hulle nie anders kan nie, of met die selfhaat verklaring dat volkseie arbeid sleg is en daarom verkies die persoon volksvreemde arbeid. Ek het egter nog nie gehoor van ‘n volkseie arbeider wat sy werkgewer vermoor het, sy vrou verkrag het of sy drie jarige dogtertjie in die kop geskiet het nie. Van volksvreemde arbeid hoor ek hartseer genoeg elke dag van sulke tragiese gebeure. Maak dit jou wat hier lees en volksvreemde arbeid gebruik kwaad? Mooi! Dit beteken jy is besig om wakker te word uit jou sluimer slaap van ontkenning. As jy egter nog nie mooi wakker is nie, jou kind se lewe en jou vrou se waardigheid is meer werd as jou eie gemaksig! Jy wil jou eie land he, maar is nie bereid om die werk self te doen nie. Sies man! Word wakker, ons het ons land verloor weens ons verslaafdheid aan volksvreemde arbeid, vir geen ander rede. De Klerk se oorgawe was ‘n gevolg, nie die oorsaak.

Ons almal se harte bloei vir ons mense in die plakkerskampe en so nou en dan dra ons kos en komberse aan om ons gewete te sus, maar die oorsaak hoekom daardie mense daar is, weier ons om aan te spreek. In der waarheid is ons besig om die probleem te vererger, want ons leer daardie mense ‘n kultuur van bedel in plaas daarvan om hulle die waarde te leer van arbeid adel. As ek my sin kon kry sal al die hulp organisasies verander in arbeid verskaffingsorganisasies.

Om van jou volksvreemde arbeid ontslae te raak en jou volksgenoot werk te verskaf, is die eerste stap, maar beslis nie die laaste nie. Daar is immers moordbendes wat in jou strate rond beweeg terwyl jy snoesig in jou huisie sit en distrik sewe (ook bekend as sewendelaan) en wie weet watter ander regime propgande kyk. Die minste wat jy kan doen is om by ‘n gemeenskapveiligheid aksie aan te sluit en een maal per maand met ‘n groenlig op jou dak jou eie gebied te patroleer. Of vertrou jy werklik jou gesin se lewe in die hande van die volksvreemde van die sekuriteitsmaatskappy? Is jy rerig so naief?

Jou selfverdedigingswapen wat jy met moeite gelisensieer het en as motivering vir die lisensie aangevoer het watse gevaarlike situasie jy en jou gesin verkeer, help niks terwyl hy le en oproes in die kluis nie. Dra die ding. Elke dag! Maak ook sommer seker dat jy weet hoe hy werk en dat jy hom kan gebruik. As jy nog nie ‘n selfverdediging wapen het nie…….word wakker!!

As jy werklik lief was vir jou gesin en werklik gestreef het na selfbeskiking, sou jy seker al verhuis het na Kleinfontein of Orania, maar moet dit asseblief tog net nie doen bloot omdat dit ‘n veiliger opsie is nie. Dit is verseker veiliger, maar dit gaan oor meer as dit.

Terwyl ek nou behoorlik keel skoonmaak, laat ek ten laaste ook sommer aan die menigte wat loop en dweep dat ons net moet bid en verootmoedig, dan sal alles reg kom dinge ook in perspektief plaas. Ja ons moet bid en verootmoedig, maar dit stop nie daar nie. Ons Vader help hulle, wat hulleself help. Die Voortrekkers het nie in die Kaap gesit en bid en die volgende oomblik toe sit hulle in die Transvaal nie. Hulle het gebid, hulle waens gepak en getrek. Kaalvoet as dit moet. Net so met Bloedrivier. Pretorius en sy kommando het nie ‘n Gelofte afgele en toe huis toe gegaan nie. Hulle moes veg en met die genade van Bo het hulle oorwin.
Moet dus nie roem op die verlede, of vir my preek, as jy nie bereid is om van jou bas op te staan en IETS te doen nie!

Piet Potlood