Weermag ambulanse is flenters


Die Weermag beskik blykbaar nie oor een ambulans wat in ’n padvaardige toestand is nie.

Twee splinternuwe Vito-bussies wat ’n klein fortuin gekos het, staan glo reeds langer as ’n jaar in onbruik omdat die Weermag se begroting dit nie toelaat dat dit aangewens word waarvoor dit aangekoop is nie.

Die twee bussies is veronderstel om omskep te word in hoësorg- ambulanse wat vir BBP gebruik moet word.

Die Vito-bussies is juis aangekoop om in soortgelyke mobiele hoësorg-eenhede omskep te word as die een wat voorheen met Nelson Mandela gaan staan het omdat dit in ’n swak toestand is.

Die Vryburger het verneem dat die Weermag deesdae ’n ambulans moet huur van privaat kontrakteurs omdat hulle eie toerusting onbruikbaar geraak het.

Die verskoning wat glo deur die weermag aangevoer word, is dat die voeruie dikwels teen hoë spoed op slegte paaie ry wat voertuie se lewe verkort.

Waarnemers meen egter dat die voertuie nie gereeld gedien word nie wat veroorsaak dat hulle masjien probleme kry en dan langs die pad gaan staan soos wat die geval met Mandela was.

Vier nuwe Vito-bussies is ’n jaar gelede vir derduisende Rand gekoop waarvan een as lykswa omskep is, ’n ander om BBP-families te vervoer en die ander twee staan en stof opgaar.