Watter duister plan broei hier?


Die Vryburger het voorheen rapporteer van ‘n aantal trekkers en ander landboutoerusting wat in die distrik van Vrede letterlik “geberg” word terwyl niemand wil erken waarvoor die toerusting aangekoop is nie.

Dieselfde trekkers en ander toerusting wat reeds etlike maande lank staan en stof opgaar is skielik nie meer sigbaar nie. Dit word glo op die plaas in n skuur versteek.

Dit is dieselfde plaas wat glo gebruik gaan word om ‘n enorme suiwel-projek te begin. Die projek is begin deur die Departement Landbou Ontwikkeling, maar hoe die Gupta’s betrokke geraak het, en weer onttrek het, is steeds onduidelik.

Later is vasgestel dat die Gupta-familie aanvanklik by die projek betrokke was te midde daarvan dat die Departement se woordvoerders die Gupta’s se deelname aan die projek ontken het .

Die projek wat na raming meer as R250 miljoen sal beloop, is begin deur die Departement Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrede distrik.

Dit bly egter ’n raaisel waarom die Gupta”s nie meer by die projek betrokke is nie.