Vyfjarige skiet haarself dood


VSA: ‘n Vyfjarige dogtertjie het haarself per doodgeskiet terwyl haar ma inkopies gaan doen het en haar alleen tuis gelos het.
Die polisie het die meisie in ‘n slaapkamer in haar huis in New Orleans gekry ná hulle reageer het op ‘n geweerskoot.
Die kind is dadelik na ‘n hospitaal geneem waar sy ná verskeie pogings om haar weer by te bring, dood verklaar is.
Die meisie het haarself met ’n .38 rewolwer geskiet.
In sekere state van Amerika is dit nie verpligtend om vuurwapens in ’n kluis te hou nie.