Vrystaatse wetgewer in omstredenheid gedompel


Die Vrystaatse Wetgewer het nou die argwaan van Bloemfonteiners op die hals met die omstrede nuwe Vrystaatse Wetgewer-gebou wat by die ou Ramskraal-tronk gebou gaan word en die belastingbetaler sowat R1  miljard uit die sak gaan jaag.
Die oorspronklike tender-bedrag van R650 miljoen het nou opgeskiet na R993 miljoen en kan na verwagting nog verder styg as gevolg van buite faktore.

Die feite is bekend gemaak deur Sisi Mabe, die LUR vir Openbare Werke.

Bewerings dat daar gepeuter is met die tenderproses is heftig ontken deur Mabe.
“Slegs een tender is gekry,” het Sisi Mabe gesê.

Die huidige Raadsaal-kompleks van die Wetgewer is onlangs teen R40  miljoen opgeknap.