Vrystaat verkwis miljoene Rand


Die Departement Landbou in die Vrystaatse verkwis blykbaar groot bedrae geld op projekte wat nie werklik tot uitvoer gebring word nie.
Kenners en politieke waarnemers begin ernstige vrae vra oor hoeveel geld van projekte deur korrupsie opgeslurp word.

Die Omstrede Suiwelprojek by Vrede waar die Gupta-familie by betrokke was, is een van ’n aantal gevalle wat wenkbroue laat lig.
Gerugte doen die rondte dat die Gupta’s ’n groter aandeel in die Suiwelprojek het, of gehad het, as wat deur die Departement erken word.

’n Ander projek waaroor daar ernstige kommer heers, sluit die Gariep-visteelprojek in. Sover gebeur daar niks by die projek nie terwyl groot bedrae geld in die projek gepomp is. Aanvanklik is R40 miljoen begroot vir die projek.

Dit laat die vraag hoeveel geld het dalk in mense se sakke beland weens korrupsie.

Intussen sou China ’n vêrdere R60 miljoen in die projek steek om nuwe lewe in te blaas.

Die provinsie se LUR vir landbou, Mamiki Qabathe, het gesê as deel van dié projek sal 78 vistenks op plattelandse dorpe soos Springfontein, Koffiefontein, Bethulie, Petrusburg, Zastron en Faure-smith gebou word.

Tot hede het daar nog niks gebeur nie.