Vrou breek nuwe rekord


Madelyn Prinsloo (32) het haar staal gewys gedurende ’n kragvertoning verlede Saterdag

Sy het ’n nuwe rekord opgestel toe sy ’n vragmotor se buiteband wat 150 kg weeg, dertig maal omgekeer het in ’n tyd van 2 minute 22 sekondes.

Dit was haar eerste poging met so ’n groot buiteband.

Sy vertel dat die laaste paar sekondes baie moeilik was, maar sy het aangehou tot sy die dertigste omkeer gedoen het.

Madelyn het egter nog ’n prestasie bereik toe sy ’n Mercedes vragmotor van bykans 9 ton vir nie minder as 30 meter getrek het binne ’n bestek van 85 sekondes.

Sy is ’n oefen-instrukteur van beroep by Planet Fitness in Montana, Pretoria.