Vrag Kaapse wyn gekaap


Johannesburg: Vyf swartmense in die ouderdom 30 tot 40 jaar is gearresteer in Hillbrow nadat hulle ’n groot vragmotor met ’n vrag wyn gekaap het.

Die vrag wyn, ter waarde van meer as R9 miljoen sou waarskynlik suksesvol gekaap kon word as die polisie nie ’n wenk ontvang het nie.

Die gekaapte vragmotor was geparkeer op ’n kleinhoewe naby Midrand, waarskynlik om te oornag.

Die besending wyn is vervoer vanaf die Wes-Kaap en sou die volgende dag sy bestemming in Johannesburg bereik.

Op die roete is die vrag gekaap in die omgewing van Bethlehem waarna die kapers ’n ander roete na Midrand gevolg het.

Die polisie het toegeslaan by Midrand en van die kapers in hegtenis geneem.