Volksmoord Verslag vir Mei 2013


Die bestuur van Volksmoord-Projek 2010 het bekend gemaak dat nog sewe volksgenote gedurende Mei 2013 vermoor is deur terroriste in Suid-Afrika.

Van die sewe mense wat vermoor is, is die egpaar van Wellington eerste aangemeld en bevestig.

Dit is ’n aansienlike daling in gevalle teenoor die vorige maand, maar dit is ook bekend dat minder voorvalle plaasvind gedurende die wintermaande.

Die bestuur het egter sy kommer uitgespreek oor die feit dat inligting oor moorde op volksgenote uiters moeilik bekom word en die vrees bestaan dat daar gevalle mag plaasvind wat nie onder Volksmoord-Projek2010 se aandag kom nie.

Die bestuur doen derhalwe ’n ernstige beroep op volksgenote om inligting aan Die vryburger te stuur indien enige voorvalle vir lesers bekend is.

Lesers word ook aangemoedig om finansiële ondersteuning te gee aan die bestuur sodat die werk in diens van die volk kan voortgaan ter wille van die geslagte wat kom.

Die bestuur wil ook sy dank en waardering uitspreek teenoor diegene wat in die onlangse verlede finansiële ondersteuning gegee het. Dank is ook uitgespreek teenoor volksgenote wat inligting gestuur het oor gevalle wat onder hul aandag gekom het.

Besonderhede is beskikbaar by die webblad www.projek2010.co.za