Vlieënier sterf in ongeluk


Die ervare vlieënier, mnr. Telo Steyn (50), het verongeluk tydens ’n vlug terwyl hy ’n brand in die Piet Retief omgewing in Oos-Transvaal bestry het.
Mnr. Steyn het met ’n Dromader-Firebomber water gespuit toe hy in ’n digte rookwolk ingevlieg het.

Een van sy werknemers vertel dat die rook baie dig was en dat die vliegtuig net weggeraak het na hy in die rookwolk ingevlieg het.

Die wrak van die vliegtuig is later gevind. Die vliegtuig het waarskynlik grond toe getol en op sy romp tussen kleiner bloekombome beland.
Die vlieënier het meer as 25 jaar vlieg ervaring opgedoen.