Vir die Huisvrou – sjokoladesous


Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

Hierdie week het ons twee lekker Bar-one-sous resepte wat mens oor vrugte of oor roomys kan eet. Mens eet mos roomys in die somer en winter! Dis altwee lekker vinnig met ‘n romerigheid wat vra na meer…

1. Bar-one-sous
5 stafies (42g elk) Nestle bar-one
1 blik (155g) Nestle Desert Cream
15 ml (1e) Milo

Plaas al die bestandele in ‘n glasbak oor kookwater, verhit en roer tot al die bestandele gesmelt en die sous glad is. Sit dit voor met roomys en vrugte.

2. Bar one sous vir roomys:

3 Groot bar one sjokelades
1 Blik kondensmelk
250ml Room
5ml Vanilla geursel

Kook alles saam oor matige hitte.