Vir die Huisvrou – Melknoedels met kaneel


Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

Hierdie week het ons ‘n lekker resep wat die koue sal uitdryf. Dis ‘n lekker vinnige resep, mens kan dit binne 15minute opdis. Geniet dit!

1. Melknoedels met kaneel:
Bestandele:
5 pakkies (85g elk) Maggi 2-Minute Noedels
2 blikke (380g elk) Nestle Ideal lae vet ingedampte melk
250 ml water
100 ml botter
2 kaneelstokkies
125 ml (1/2 k) suiker
15 ml (1e) vanieljegeursel
400 ml Nestle dessert roon (styf geklop)
fyn kaneel vir bo-oor
appelliefies (opsioneel)

Metode:
1. Plaas die noedels, ingedamte melk, water, botter, kaneelstokkies en suiker in ‘n kastrol en verhit oor stadige hitte totdat die noedels die meeste van die vloeistof geabsorbeer het, sowat 10 minute.
2. Roer elke dan en wan. Roer die vanieljegeursel by en laat afkoel tot louwarm.
3. Roer die styfgeklopte room deur en sit voor met ‘n goeie sprinkeling kaneel en vars appelliefies, indien verkies.