Vir die Huisvrou


Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

Dit raak nou al lekker koel, en mens raak lus vir allerhande soetighede. Ons gaan wegspring met ‘n paar watertand nageregte. Geniet dit, dit belowe om nie jou dieet deurmekaar te gooi en ook nie op jou heupe vas te plak nie!

Grenadella en sjokolade koekstruif:
1 sponskoek of ‘n paar rolkoeke
1 blik karamel kondensmelk
12 grenadellas se pulp
1liter (4k) griekse yogurt
4 flakes sjokolade

Sny die sponskoek/rolkoek in skywe. Pak die helfte in ‘n glasbak. Skep helfte van kondensmelk oor die koek, gevolg deur grenedellapulp. Skep die helfte van yogurt oor en sprinkel die flake bo-oor. Herhaal.
Plaas 1 uur of oornag in die yskas.