Verkeersbeampte verdink van stropery


Jennefer Brown, ’n verkeersbeampte in die Laeveld sal in die hof moet verduidelik waarom sy saam met haar man en drie ander persone, wat reeds almal in hegtenis geneem is, betrokke was by renosterstropery.

Brown word daarvan verdink dat sy verantwoordelik was om die renosterhorings uit die wildtuin te smokkel met ’n voertuig van die verkeersdepartement.

Sy is op R5,000 borgtog vrygelaat.