Verdagte De Koker soek regshulp


Die beskuldigde, Alex de Koker (49), wat aangekla is vir moord op die 15-jarige Raymond Buys by ’hul opleidingsentrum in Vereeniging, kan nie meer sy regsverteenwoordiger betaal nie. Dit is sy derde regsverteenwoordiger.

Die regsverteenwoordiger het De Koker kennis gegee dat hy onttrek omdat hy nie betaal word nie.

Die saak is nou uitgestel sodat De Koker by die Regshulpraad aansoek kan doen vir regshulp.

De Koker staan saam met ’n mede beskuldigde, Michael Erasmus (20), tereg op aanklagte van moord, kindermishandeling en -verwaarlosing, asook die versuim om behoorlike kleding, kos en huisvesting te verskaf.

De Koker het blykbaar ook ’n klag teen hom dat hy versuim het om bystand te verleen, asook twee aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Raymond is op 20 April 2011 dood. Benewens ernstige kopbeserings wat hy opgedoen het, is sy ore was geskeur en was blou merke op sy gesig en arms waarneembaar terwyl sigaret brandwonde op sy lyf gevind is. Hy het ook ernstige breinskade opgedoen.

De Koker is glo intussen met Johanna Marais (30) getroud.

Beide mans het onskuldig gepleit.