Uitlanders koop RSA plase


Van wee die uiters swak vertoning van die Rand, het buitelandse beleggers gedurende die afgelope agt weke toegesak op Suid-Afrika en plase opgekoop.

In Meimaand het een agentskap twee spogplase vir R25 miljoen in Touwsrivier verkoop. Een daarvan is 8, 200 ha groot en deur ’n Duitse maatskappy, wat in sonkrag spesialiseer, aangeskaf.

Die ander plaas is deur ’n Italiaanse maatskappy gekoop wat beplan om ’n sentrum vir uitnemendheid op dié plaas, van 1, 300 ha, op te rig.

Albei die maatskappye wil miljoene Rand se infrastruktuur oprig.

Die vaal Karoo bly egter ook ’n gewilde keuse onder dié kopers.

Plase ter waarde van meer as R45 miljoen is in die Karoo-gebiede.

Die plase, van wisselende grootte, is in die distrikte Burgersdorp, Graaff-Reinet, Calvinia, Piketberg, Botrivier, Ceres, Paarl en Oudtshoorn verkoop.

Nie al die plase is aan buitelandse kopers verkoop nie.