Uiteindelik vrygelaat


‘n Switserse vrou wat vir 15 maande in Jemen as gyselaar aangehou is, is uiteindelik bevry en het in Katar aangekom.

Die Switserse regering en die amptelike nuusagentskap het die nuus bekend gemaak.

Die vrou, wat verlede jaar in Jemen ontvoer is, het oornag in die lughawe van Doha. Haar vrylating is bewerkstellig met die bemiddeling deur Katar.

Uiters beperkte inligting is vrygestel oor die vrylating en die onderhandelinge wat vooraf gegaan is.

Gewapende mans het die vrou op 14 Maart 2012 uit haar huis in Hodeida in die weste van Jemen ontvoer, waar sy as ‘n taalonderwyser gewerk het.
Intussen is geen nuwe inligting bekom oor die Suid-Afrikaanse egpaar wat ook in Jemen ontvoer en gyselaar gehou word nie. Die egpaar het ook taal onderrig in ’n skool aangebied en was oppad terug na Suid-Afrika toe hulle oorval en weggevoer is.

’n Woordvoerder van die Jemen regering sê dit is waarskynlik ’n sindikaat wat agter die ontverings sit.

Foto- Jemen vlag