Tsjeggiese Republiek word oorstroom


Oorstromings en watervloede het groot gebiede van die Tsjeggiese Republiek oorstroom. Derduisende mense was genoodsaak om hul huise te ontruim en pad te gee.

Sowat 20,000 mense in die Tsjeggiese Republiek het noodgedwonge hul huise verlaat weens die oorstromings.
Berigte uit Praag lui dat die oorstromings die grootste deel van die land teister.

Praag word ook oorstroom en talle dorpies langs die Elbe-rivier is reeds ontruim.

Die vloed bedreig chemiese fabrieke en maatreëls is getref sodat chemiese materiaal betyds verwyder is en na droër gebiede geneem is.
Fabrieke en honderde sakeondernemings in die land moes hul deure sluit om later terug te keer en die enorme skade te probeer herstel.

Duisende mense is ook in Duitsland besig om hulle huise en werkplekke te ontruim uit vrees vir groter oorstromings.