Transnet wil hê ons gaan dood


Mev. Nancy Burger (80) van Boksburg aan die Oos-Rand, het gesê sy dink die hofsaak gaan nie in haar leeftyd afgehandel kom nie. Dit laat by haar die gevoel dat Transnet wil hê die pensioenarisse moet maar doodgaan om die eise kleiner te maak.

Me. Burger is maar een van derduisende Transnet pensioentrekkers wat verontreg word. Hulle hoop is gevestig op die regspan wat die saak in die hof moet gaan stel sodat hulle ’n regverdige pensioen kan ontvang.

Nancy se eggenoot , wyle dr. Ben Burger, was Transnet se direkteur van Nywerheidsgesondheid.
Sy sukkel om uit te kom met ’n maandelikse pensioen van R4 000.
Sy het vertel dat sy die afgelope 32 jaar eintlik niks gehad het nie en sy kan nie luukshede bekostig nie. Vakansie is buite die kwessie.

Na verneem word, sterf sowat 300 tot 400 pensioentrekkers van Transnet elke maand.