Transnet vra nog geld


Transnet wil die beperking op sy buitelandse lenings nou verdriedubbel om besteding op infrastruktuur te finansier.

Transnet se finansiële hoof sê hy sal gedurende September weet of die versoek om die perk op die maatskappy se buitelandse lenings van $2 miljard tot $6 miljard te verhoog, goedgekeur is.

Daar is op die oomblik sowat R2,5 miljard uitstaande op sy perk van $2 miljard.