Die Metro verloor toe hul tweede saak oor die straatnaamborde van Pretoria.
Die ANC beheerde Raad is egter nie van plan om die hof te gehoorsaam nie en wil die saak op appel neem.
Regter Bill Prinsloo het die sogenaamde Tshwane-metroraad se aansoek om teen ’n vorige hofbevel te appelleer, in die hooggeregshof in Pretoria van die hand gewys.
Die Metroraad is opdrag gegee om die straatnaamborde wat toe reeds verwyder was, hangende die afhandeling van ’n hersieningsaansoek, binne twee maande terug te sit en die verwydering van die ou name summier te staak.
Dit beteken dié Raad moet die ou name voor 19 Junie weer op hul plekke terug gesit hê.
Dit was dan ook teen hierdie bevel wat die Metroraad aansoek om appèl gedoen het.
Wat is die volgende stap wat nou moet plaasvind?
Wie is verantwoordelik daarvoor en is daar ‘n spertyd?
Die Raad het tog sekerlik ‘n voorsitter wat in persoon verantwoordelik gehou kan word indien ‘n hofbevel nie uitgevoer word nie.
Waarom word die hele korrupte raad nie gearresteer vir minagting van die hof nie?
Ek weier om dit te verstaan!