Terroriste vrygelaat


Sewe vermeende terroriste wat mnr. Leon Chamberlain (62) aangeval het en daardeur die gebruik van sy hande verloor het, is vrygelaat deur die Sasolburgse landdroshof.

Die terroriste het mnr. Chamberlain ook in die maag geskiet, hom met ’n bobbejaansleutel geslaan en hom geskop.

Die hof het besluit om die sewe vry te laat “weens ’n gebrek aan genoegsame getuienis”.

Die familie het tydens ’n uitkenningsparade die sewe terroriste geïdentifiseer. Nieteenstaande dié uitkenning, is hulle vrygelaat.

Konst. Peter Kareli, sal glo probeer vasstel wat die toedrag van sake is.