Terroriste vermoor Oos-Kaapse boer


Twee swart mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n boer naby Cradock in die Oos-Kaap.
Mnr. Louis Traut is op barbaarse wyse met pangas dood gekap.

Stephanie Smith, ’n woordvoerder van die SAPD, het gesê drie gewapende mans het by die agterdeur van die boer se huis ingebreek.

Die terroriste was met messe en pangas toegerus en het die boer, sy vrou en twee dogters aangeval.

Die boer is in die bors gesteek en met pangas gekap terwyl sy vrou en dogters ook aangerand is, maar hulle het die aanval oorleef.
Al drie dames is na die Cradock-hospitaal geneem vir behandeling en is daarna ontslaan.

Die terroriste het die kluis oopgebreek en ‘n groot bedrag geld, asook vuurwapens gevat en met die boer se voertuig gevlug.