Terroriste skiet vrou in haar bed dood


Die afgelope naweek was veronderstel om ’n ontspanne tydjie te wees in die jagveld naby Gravelotte in Noord-Transvaal. Dit het egter ontaard in ’n geweldige treurspel toe ’n jong vrou en ma van twee, Melinda Bam (30), in haar bed doodgeskiet is.

Melinda Bam van Nelspruit is in haar bed dood nadat drie terroriste haar en haar kêrel, François Visagie (40) van Piet Retief, trompop geskiet het.

Visagie het etlike skietwonde opgedoen in sy poging om Melinda te beskerm.
Haar tienjarige dogter en ¬Visagie se drie seuns asook ’n 15-jarige uitruilstudent van Switserland het noodgedwonge hulle tydens die skietery in ’n kamer toegesluit.

Die terroriste het gevlug met ’n selfoon, ’n bietjie kontant en ’n brood.