Die tamatie- en koolplaas van Julius Malema is vir R2,5 miljoen verkoop.
Die Batebeslagleggingseenheid het Malema se half voltooide huis in Johannesburg en sy plaas in Noord-Transvaal laat opveil vir skuld aan die Inkomstediens.
Dit is bekend dat die plaas destyds op ’n vreemde wyse deur Malema bekom is. Na bewering is die plek gekoop met opbrengste wat op ‘n bedrieglike wyse van die Departement van Vervoer in Noord-Transvaal bekom is.
Die plaas se werklike waarde is net meer as R4 miljoen. Daar is ’n vierslaapkamerhuis en ‘n swembad.
Die huis is vir R5,9 miljoen verkoop wat die totale opbrengs op R8.4 miljoen te staan bring.
Dit is nie genoeg om die totale rekening van SARS te delg nie.
Ja nee dit het ek sien kom. Die outatjie het met n “moewiese” slag teruggekom aarde toe.
Gaan hy toegesluit word vir die uitstaande bedrag.?? Ja sluit toe. Hulle kry sulke snaakse siektes in die tronke (jy weet strikkie griep, shake shake rukkings en die grootste een van alle tye “kniere kloppings”).
Ag ja nee wat sluit hom toe ek wil graag die volgende tipe tronk siekte beleef voor ek die emmer skop asseblief.