Swierige troue vir sportster-families


Swemster Ryk Neethling se jonger suster, Jean-Marié (23), is gaande oor haar troudag.
Sy is verlede Saterdag getroud met die voormalige Bloubul-flank CJ Stander (23) nadat hulle ewige trou aan mekaar beloof het.
Die troue wat by ’n luukse sentrum buite George plaasgevind het, was pragtig en iets om altyd te onthou, het Jean-Marié gesê.
Jean-Marié se pa, Ryk sr. het die bruid ingebring.
Sowat 200 gaste het dié spesiale dag saam met die jong paartjie deurgebring.
Vir die mooie Jean-Marié is alles nog ’n bietjie onwerklik.
Foto – Stander egpaar