Swartes betoog oor swak onderwys


Duisende swart skoliere het tydens die sogenaamde jeugdag in Pretoria, Johannesburg en Kaapstad aan optogte deelgeneem vir beter onderwys en skole.
Die betogings was volgens kenners, aansienlik meer omvattend as in Junie 1976 toe Soweto die voortou geneem het in betogings teen Afrikaans as onderrig taal.

Die betogers wat ondersteunend was aan die nie-regeringsorganisasie, “Equal Education” (EE), wil Minister Angie Motshekga probeer dwing om minimum norme en standaarde vir skole se infrastruktuur aan te kondig.

Die EE beweer dat Motshekga die afgelope vier jaar talle kere beloftes verbreek het. Die moontlikheid dat die Minister weer deur die EE hof toe gesleep word, is nie uitgesluit nie.