Suid-Afrika die wêreld se stakingshoofstad


Gwede Mantashe, die sekretaris-generaal van die ANC, sê Suid-Afrika het in die stakingshoofstad van die wêreld verander.

Mantashe voer aan dat kollektiewe bedinging vervang is met anargie.

Volgens Mantashe is Suid-Afrika die laaste in die wêreld as gekyk word na die verhoudinge tussen werkgewers en werknemers, met spesifieke verwysing na die onmin by Marikana en De Doorns. In beide gevalle het die stakings gewelddadig geword.

Mantashe het ANC ondersteuners gewaarsku dat wanneer hulle oorgaan tot anargie vir kollektiewe bemiddeling, hulle met hul optrede hul reg tot bedinging verloor het.

Gedurende die afgelope jaar het derduisende werkers hul werk verloor weens onwettige en gewelddadige stakings. Die stakings het ook ’n bydrae gelewer om die huidige swak ekonomiese toestand te veroorsaak.

Foto-Gwede Mantashe