Steve Hofmeyr vs Zelda la Grange


’n Bekgeveg het op die openbare netwerk Twitter begin tussen Steve Hofmeyr en Zelda la Grange, voormalige assistent van Mandela.

Dit het waarskynlik begin met Steve Hofmeyr wat ’n skakel “getwiet” het na aanleiding van ’n artikel deur ’n swart Amerikaanse skrywer, Emanuel McLittle. Die swarte het ’n artikel geskryf in 2002 waarin hy sê Mandela is van gemiddelde intelligensie en het Suid-Afrika in ’n chaotiese toestand gelos ná sy termyn as president van die land.

Steve Hofmeyr het dié skakel met sy eie woorde “Must read. Wat ’n stuk!” getwiet.

Na aanleiding daarvan het Zelda La Grange gereageer deur te sê Hofmeyr moet sê hoe hy werklik voel waarop Steve gereageer het met:

“Die model van wedersydse vergifnis wat hy was, beteken niks (hy het die f-woord gebruik) vir my mense en hul kinders se toekoms.”

Hofmeyr het het ook gesê: “….baie water (onreg en teleurstellings) het in die see geloop in die 8 jaar vandat Madiba my (soos ’n heer) ontvang het”.

La Grange: “Ek is ook ongelukkig oor baie goed in die land en hoe dinge verloop. Maar dis nie Madiba se legacy!! En om te sê syne is ‘lyke’?”

La Grange: “Elke mens is geregtig tot ’n mening. Ja, ek is bevooroordeeld omdat ek eerstehandse ervarings het……”