Staat wil swartes leer boer


Die ANC regering wil die staats masjiene aanwend om grondhervorming se kem te verskuif van die huidige gejaag om die mikpunt van 30% grond in swart besit te kry na ’n nuwe doelwit om plase met nuwe swart boere te maak werk deur vooraf opleiding te bied.
.
Gugile Nkwinti, die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, het in ’n parlementêre debat gesê die teiken van 30% herverdeling van bewerkbare grond het die afgelope paar jaar sy Departement se doelwitte verkeerdelik oorheers omdat te veel geld betaal is aan die aankoop van grond vir swartes en te min geld aangewend om hulle op te lei om suksesvol te boer.

“Met die aanvaarding van die wet op naturellegrond in 1913 is die klein, maar groeiende en suksesvolle swart kommersiële boerdery-klas willens en wetens vernietig. Daardie vaardighede moet nou opnuut aangeleer word”, het hy gesê.

Foto – Minister Nkwinti