Spesiale promosie – Die Vryburger


Die Vryburger wil, in die lig van die uitmuntende groei wat ondervind word in die lesers getalle, iets terug ploeg na sy ondersteuners.

Sakemanne, en lesers in die algemeen, kan nou ’n drie maande advertensie plaas vir R100-00 per maand. Al voorwaarde is dat die totale bedrag van R300-00 vooruit betaalbaar is.

In gevalle waar Die Vryburger se tegniese afdeling die advertensie moet opstel vir plasing, sal dit met graagte gedoen word vir R50-00.

Die redaksie nooi sakemanne, en sakevroue, en in besonder die lede van Oranje Sakekamers, om van die geleentheid gebruik te maak en sodoende hul produkte en dienste aan duisende lesers bekendstel.

Die Vryburger word wêreldwyd deur Boere-Afrikaners gelees. Die jongste inligting wys dat daar ’n paar duisend mense in die VSA gereeld die koerant lees – en die ander uiterste is dat daar selfs in China en Rusland mense is wat gereeld lees wat die koerant mag bied!