Speel terwyl Rome brand


Pres. Jacob Zuma het gese dat Suid-Afrika baie bly sal wees indien die Olimpiese Spele in Suid-Afrika kan plaasvind.
Dit sal dan ook die eerste land in Afrika wees wat die spele aanbied.
Hy het ook tekene gegee dat die land oor die infrastruktuur beskik om die Spele aan te bied.

“As ons die geleentheid kry, sal ons dit beslis verwelkom,” het Zuma aan die Japanse na¬sionale persklub gesê.

Suid-Afrika was in 2010 die eerste Afrikaland wat die Wêreldbeker-sokkertoernooi aangebied het.
Durban het na die waarskynlikste bodkandidaat gelyk, maar die regering het gemeen daar is dringender nasionale sake.