Snowden “veilig” in Moskou


Pres. Vladimir Putin van Rusland het bevestig dat die Amerikaanse Intelligensie-kontrakteur, Edward Snowden steeds in die deurgang gebied van die Moskouse lughawe is.

Putin het gesê Snowden is ‘n vry man. Snowden moet egter nou besluit waar hy hom wil vestig.

Snowden wou aanvanklik na Kuba gaan om asiel in ‘n Suid-Amerikaanse land, soos Equador, te vra.

Hy het uit Hongkong gevlug nadat hy Amerikaanse intelligensie-geheime uitgelap het. Sy veiligheid in Rusland stem die Amerikaanse regering tot erge frustrasie aangesien hulle wil sien dat Snowden uitgelewer word.

Foto – Pres. Putin