Snowden-onthulling skud Brittanje


Edward Snowden, voormalige Amerikaanse intelligensie-persoonlikheid wat inligting vrygestel het oor ongerymdhede, het ook inligting bekend gemaak wat daarop dui dat Brittanje op afgevaardigdes gespioeneer het, waarvan Suid-Afrika se afgevaardigdes ook afgeluister is tydens die 2009 vergadering van G20-lande.

Volgens berigte het Brittanje se “Government Communications Headquarters” (GCHQ) sogenaamde baanbreker-vermoëns ontwikkel op die gebied van spioenasie en die verkryging van inligting.

Die onderlinge kommunikasie tussen afgevaardigdes van onder meer Turkye en Suid-Afrika is glo tydens twee vergaderings in April en September 2009 gemonitor.

Dié uitlatings sal ’n bepaalde invloed uitoefen tussen tersaaklike lande. Brittanje sal waarskynlik die verleentheid probeer verberg tydens die volgende byeenkoms van die G8-lande.

Britse spioene het volgens dokumentasie wat deur Snowden vrygestel is, getoon dat afgevaardigdes sover beweeg is om “spesiaal-voorbereide internetkafees” te gebruik.

Dit het die spioene se taak vergemaklik om die boodskappe te onderskep en e-posboodskappe en telefoonoproepe wat op BlackBerry-toestelle gemaak is, af te neem op verskillende maniere.