Skole gaan tablet-rekenaars kry


Volgens Masennya Dikotla, die Uitvoerende Hoof van die “Molteno-instituut” wat taal en geletterdheid probeer bevorder, word beplan om tablet-rekenaars in kinders se hande te plaas om moedertaal onderrig te verbeter.

Tablette is ’n belangrike hulpmiddel en is hier om te bly.
Die voordele wat dit vir jong kinders inhou, gaan egter baie van ouers afhang,” meen hy.
Hy meen sowat 30, 000 leerlinge gaan binne ’n redelike kort tyd met ’n tablet-rekenaar is die hand sit namate die prys begin daal.
Dikotla waarsku egter dat leerlinge wat te veel tyd op tablette deurbring, benadeel word omdat dit tot onaktiwiteit en vetsug lei.

Waarnemers meen egter dat die beskikbaarheid van fondse deurslaggewend gaan wees.
Die moontlikheid dat die regering daarvoor gaan instaan, word betwyfel deur kenners is die onderwys