In ’n verslag oor die SA Nasionale Weermag is bekend gemaak hoe die geboue verwaarloos word by minstens vyf lugmagbasisse.
Die verwaarlosing is sodanig dat dit ook veiligheidsrisiko’s bevat vir soldate.
Na verneem word is sowat 37, 000 geboue in verwaarlosing.
Wooneenhede van die Lugmag het nou soveel veiligheidsrisiko’s dat mense weier om daarin te woon. Die Departement Openbare Werke wat verantwoordelik is vir die instandhouding van geboue is blykbaar minder effektief as wat algemeen aanvaar is.
“Ons almal weet openbare werke is in ’n groot gemors,” is die mening van ’n SANW lid.
Agterstallige instandhoudingswerk by Langebaanweg se lugmagbasis in die Wes-Kaap het reeds die astronomiese bedrag van R100 miljoen verby gegaan.
Daar is glo ook wanbestuur in die Lugmag aan die orde van die dag. In Noord-Transvaal is die Weermag se kragstasie buite werking en word ’n kragopwekker gehuur teen sowat R50, 000 per dag. Openbare Werke is veronderstel om toe te sien dat die SANW se kragstasie herstel word.
Siphiwe Dlamini, woordvoerder van Verdediging, het glo die mening uitgespreek dat nuwe wetgewing nodig is om die bevoegdheid van instandhouding van Weermag eiendom, terug gebring kan word soos wat dit voorheen was.
Nou wonder ek nie meer oor die Gupta debakel nie.
N paar jaar terug het ek verneem dat die weermag basisse in Pretoria ook nie die ou trotse plekke is nie. Lyk my daar sal nog meer geld moet wegraak om die situasie te beredder. Ag siestog die apartheid het darem so n aaklige nadraai gehad. Is sommer lus en draai apartheid se nek om en verdrink hom ne??
Dink net hoe lyk die papier werk. Is daar nog tipex in die land oor.?? Die rekenaars is seker wit geverf op die skerms.
Nee wag die papierwerk en rekenaars word oornag gegaps dan is daar mos niks wat n vinger na hulle wys nie. Jis die ouderdom tog ek vergeet so n bietjie. My opleiding tydens die apartheidsjare was juis om niks te sien hoor of ruik nie. Ek het net reg voor my gekyk (sig is ook belemmer deur al die leerwerk jy weet).
We’ll jammer julle ouens daar is nie petrol vir die vliegtuie nie (gelukkig bly dit behoue) daars nie genoeg geld vir instandhouding nie (die seep en water om skoon te hou is klaar want die verskaffer is nie betaal nie) die opleiding is power (want as jy heeldag moet myne oppas in die buiteland vir wie ook al, wie het dan opleiding nodig??) en die salaris is so “klein??” wie is nou lus om te veg en baklei? (Slaap die dae om ne)
Die departement van openbare werk “swekkul” om ook die hospitale klinieke en jy weet al die klein jakkalsies in stand te hou HOE MOET HUL NOU NOG ANDER INSTANDHOUDING OOK DOEN??
Vra my ek is Jafta profeet.
As jy na die minister van verdediging se gesig kyk, dan kan die weermag ook nie beter lyk nie.
Tragies, maar dalk in die Groot Beplanning ingesluit en tot ons voordeel.