Senior polisiebeampte se lyk gevind


Die polisie het ‘n senior polisiebeampte se lyk gevind ten noorde van Pretoria in die Hammanskraal gebied.

Hy word beskou as een van 20 mees senior polisiebeamptes van Sentraal Transvaal.

Maj. genl. Tirhani Maswanganyise se lewelose liggaam is vroegoggend in die veld naby die R101-pad gevind.

Hy is Sondagmiddag laas lewend gesien toe hy werk toe gegaan het.

’n Polisie woordvoerder het gesê Maswanganyise se hande en voete was vasgebind en hy is in die kop geskiet.