SAPD toegegooi met siviele eise


Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het minstens R320 miljoen se siviele eise teen hulle gehad wat toegestaan is gedurende die afgelope jaar.

Dié skokkende syfers is bekend gemaak deur Nathi Mthethwa, Minister van Polisie, tydens vrae tyd in die parlement.
.
Hierdie eise is meestal toegestaan ten opsigte van aanrandings, onwettige inhegtenisnemings, skade aangerig aan eiendom.

Die onwettige inhegtenisneming van mense het by verre die meeste eise veroorsaak.
Dié tydperk 2011-2012-boekjaar was nie minder as R53 miljoen se eise toegestaan vir onwettige inhegtenisnemings nie.

Aanrandings het die Departement oor dieselfde tydperk sowat R4, 5 miljoen gekos en skade aan eiendom net minder as R1 miljoen.